Man doodgeskiet wat polisiesersant in Pienaar aanval

Loading player...
‘n Man is Vrydagoggend doodgeskiet na hy saam met twee ander gewapende mans ‘n polisiesersant op pad werk toe aangeval het. Volgens die polisiewoordvoerder, kolonel Donald Mdhluli, was die 43-jarige beampte te voet op pad na die Pienaar-polisiestasie toe die mans hom voorgekeer het. Een verdagte het ‘n skoot afgevuur en die sersant het teruggeskiet. Die aanvallers het gevlug, maar een is later dood aangetref. Hy is nog nie geïdentifiseer nie. Die Onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat ondersoek die voorval.
15 May 2023 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min