Mans van Eswatini met dagga betrap in Mpumalanga

Loading player...
Twee mans van Eswatini sou vandag in verskillende howe in Mpumalanga verskyn op aanklagte van handel in dagga. Volgens die polisie is ‘n 29-jarige verdagte Saterdagoggend by die Mahamba-grenspos aangekeer met ongeveer 50-duisend-Rand se dagga wat binne ‘n vals kompartement in sy voertuig versteek was. ‘n 30-jarige verdagte sou ook vandag in die Nkomazi-landdroshof verskyn op aanklagte van handel in dagga en oortreding van die Wet op Immigrasie. Dit is na hy gisteraand naby die Jeppes Reef-grenspos tydens ‘n stop- en deursoek operasie met ongeveer 30-duisend-Rand se dagga betrap is.
15 May 2023 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min