Skok na afsterwe van drie leerlinge in ongelukke in Bosbokrand

Loading player...
Die Mpumalanga Onderwysdepartement betreur die afsterwe van drie leerlinge in afsonderlike ongelukke in Bosbokrand gisteroggend. Volgens die woordvoerder, Gerald Sambo, is graad 11-seun dood toe hy deur ‘n bakkie getref is terwyl hy die R40 oorgesteek het. In Saselani het ‘n taxi wat ‘n ander voertuig verbygesteek het, beheer verloor en in vier seuns ingeploeg. Twee broers is dood en twee leerlinge is beseer. Volgens die departement sal almal wat deur die tragedies geraak word, berading ontvang.
17 May 2023 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min