Drie in hof na man by drinkplek in Mpumalanga doodgesteek is

Loading player...
Drie verdagte begin vandag hul borgaansoek in die Carolina-landdroshof na hulle na bewering op 30 April ‘n man doodgesteek buite ‘n drinkplek. Volgens die polisie in Mpumalanga is die 23-jarige Sabelo Khumalo na 'n argument verskeie kere gesteek. Kwanele Khumalo, Khulekani Sibiya en Siyabonga Nkosi is verlede week aangekeer. Volgens polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, het hulle Vrydag reeds in die hof verskyn.
22 May 2023 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min