Mpumalanga wil die matriekslaagsyfer met 6-persentasiepunte verbeter

--:--
Die Mpumalanga Departement van Onderwys teiken vanjaar ‘n matriekslaagsyfer van 83-persent. Ten einde matrikulante te motiveer, bring die LUR, Bonakele Majuba, môre ‘n besoek aan graad 12-leerlinge in die Siyabuswa-distrik. ‘n Slaagsyfer van 76-komma-8-persent is verlede jaar in die provinsie behaal, wat self ‘n verbetering van 3-komma-2-persent was oor 2021. Majuba sal ook die Sizabantu Vroeë-Kinderontwikkeling-Sentrum besoek om die vordering te monitor sedert dié sentrums aan sy departement toegewys is. Woordvoerder, Gerald Sambo:
22 May 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Nuusberig: Bekende sakeman buite Hazyview doodgeskiet

‘n Bekende sakeman is vanoggend naby Hazyview doodgeskiet in wat vermoed word ‘n sluipmoord kon wees. Die 35-jarige Adriano dos Santos was voorheen die mede-eienaar van die Shell-vulstasie in Ferreirastraat in Mbombela. Hy het onlangs na Hoedspruit verhuis.
29 Sep 9AM 1 min

Komitee in presidensie ondersoek oplossings vir Lebombo

'n Krisiskomitee wat in die presidensie aangestel is toets tans wat die beste oplossing is vir opeenhopings van vragmotors by grensposte. Dit sluit Lebombo, die besigste grens in Suidelike Afrika, in. Linda Grimbeek van die Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT) sê die kenners was tydens 'n besoek werklik…
29 Sep 3AM 1 min

Help MOTHS om Erfenis te bewaar

Die Memorable Order of Tin Hats (Moths) onderhou reeds verskeie areas van geskiedkundige belang in Barberton, maar die Lone Tree Bomgat het nou planne om dit uit te brei. Liam May sê stukkies geskiedenis moet bewaar word vir toekomstige generasies.
27 Sep 8AM 1 min

Elfjarige veg om lewe na skietery in Calcutta twee lewens eis

Twee mense, waaronder ‘n 11-jarige kind, veg om hul lewens in die hospital na ‘n skietery by Nhlalakahle Trust naby Calcutta gisteraand. Twee mense is dood in die voorval by ‘n perseel wat voorheen as taverne bedryf is. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Brigadier Selvy Mohlala, het twee gewapende mans binnegekom en…
27 Sep 8AM 1 min