DA: Estralita Spesiale Skool kort dringend aandag

--:--
Die DA sê daar moet dringend ingegryp word by Estralita Spesiale Skool in Lydenburg. Volgens Sonja Boshoff, ‘n lid van die Nasionale Raad van Provinsies, word leerlinge met gestremdhede hul grondwetlike reg op onderwys ontsê weens ‘n voortslepende staking deur Nehawu wat reeds 12 maande duur. Dit spruit uit bewerings van rassisme by die skool, maar ‘n jaar later het die taakspan wat dit moes ondersoek glo nog geen verslag gelewer nie. Boshoff doen ‘n beroep op die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, om dringend in te gryp.
24 May 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Moordverdagte gee homself oor in Belfast

’n 33-jarige man is in hegtenis geneem op aanklag van moord. Die 44-jarige Abel Magane is Woensdagaand in Belfast deur 'n verdagte in 'n wit Amarok-bakkie geskiet. Hy is met sy aankoms by Belfast-hospitaal dood verklaar. Die verdagte het homself gister aan die polisie oorgegee. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga,…
22 Sep 8AM 1 min

Groot skenking vir ISAF

Cindy Coetzee van die Indigo Smiles Autism Foundation (ISAF) was gistermiddag oorstelp toe MDS Collivery haar regstreeks op die lug verras het met 'n skenking van R10 000 vir die nie-winsgewende organisasie. Lizé van der Merwe van Collivery verduidelik hoekom hulle die I-S-A-F, wat ouers van kinders met spesiale behoeftes…
22 Sep 5AM 1 min

Hare rys oor voorgestelde wysigings aan die Padongelukkewet

Voorgestelde wysigings aan die Padongelukkewet word met teenkanting uit talle oorde begroet. Pieter Nel, 'n Laeveldse prokureur wat spesialiseer in derde party eise, sê dit sal verreikende gevolge hê as dit in sy huidige vorm deurgevoer word. Hy beskou dis ook as uiters onbillik teenoor enigiemand wat daardeur geraak kan…
22 Sep 4AM 1 min

Verdagtes gesoek na roof van paspoort

Die Polisie in Belfast ondersoek 'n roof na twee gewapende verdagtes in 'n voertuig met blou ligte hulself as wetstoepassers voorgedoen het op die N4. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Brigadier Selvy Mohlala, is die pa en seun Mosambiekse burgers. Hulle is vroeg gisteroggend gestop en met ‘n vuurwapen aangehou…
22 Sep 4AM 1 min

Pasgebore babaseuntjie in park in Middelburg ontdek

Die polisie ondersoek ‘n saak van kinderverwaarlosing na ‘n pasgebore baba in Van Blerk Park in Middelburg ontdek is. Volgens die Mpumalanga polisie het ‘n man wat verlede Vrydagaand herwinbare produkte in 'n asblik gesoek het, die seuntjie in 'n plastieksak toegedraai ontdek. Die naelstring was nog aan die baba…
21 Sep 9AM 1 min