LUR besoek sentrum vir vroeë kinderontwikkeling in Mbombela

Loading player...
Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, sê sy departement is besig om sentrums vir vroeë kinderontwikkeling in die provinsie te professionaliseer. Hy het vanoggend besoek afgelê by die Thembelihle-vroeëkinderontwikkelingsentrum in Mbombela om die vordering te monitor sedert dié sentrums aan sy departement toegewys is. Ten einde matrikulante te motiveer, sal hy vanmiddag ook graad 12-leerlinge van vyf skole in Matsulu toespreek. Die departement teiken ‘n matriekslaagsyfer van 83-persent, op van die 76-komma-8-persent wat verlede jaar in die provinsie behaal is.
25 May 2023 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min