OB assesseer klagtes oor Mpumalanga Varsproduktemark
--:--
Die DA het die Openbare Beskermer se besluit verwelkom om klagtes oor vertragings en die koste van die bou van die Mpumalanga Varsproduktemark na 'n spesiale ondersoeker te verwys. Konstruksie is 12 jaar gelede aangekondig. Volgens Bosman Grobler is geen van die geboue al voltooi nie, en is meer as 2-miljard-Rand reeds daaraan spandeer. Die senior ondersoeker sal nou bepaal of die DA se klagte binne die O-B se mandaat val.