Nuusberig: Netbal Wêreldbeker op toer in Mpumalanga

Loading player...
Die Netbal Wêreldbeker is op toer in Suid-Afrika voor die toernooi vanaf 28 Julie in Kaapstad vir die eerste keer in Afrika aangebied word.
Die beker het gister in Mbombela aangekom, en toer vandag deur die dorp sowel as Nkomazi.
Die LUR vir kultuur, sport en ontspanning in Mpumalanga, Thandi Shongwe, sê dit is die eerste keer dat enige wêreldbeker in die provinsie te sien is.
Die president van Netbal Suid-Afrika, Cecilia Molokwane, het vanoggend saam met Shongwe in die 100.5FM ateljee besoek afgelê.
Sy sê dit is ‘n historiese gebeurtenis vir Mpumalanga toer.
Die beker sal volgens beplanning vanmiddag tussen 15:00 en 17:00 by Mbombela-stadion wees vir die algemene publiek om te besigtig.
5 Jun 2023 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min