DA: Thaba Chweu-munisipaliteit maak onreëlmatige aanstellings 

Loading player...
# Die DA in Thaba Chweu sê die ANC-regering het onreëlmatig drie sleutel-aanstellings gemaak tydens 'n raadsvergadering Woensdag. Volgens DA-raadslid Marius Opperman, is waarnemende direkteure vir Korporatiewe Dienste en Gemeenskapsdienste aangestel en is die kontrak vir die huidige waarnemende hoof van Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling verleng, Dit na alle opposisie raadslede uitgestap het uit protes teen die wettigheid van sekere items wat deur die waarnemende munisipale bestuurder voorgestel is. Opperman sê die besluite is deurgevoer sonder ‘n kworum deur slegs 13 ANC-lede. 
5 Jun 2023 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min