DA bekommerd oor pasiënte se kos by Themba-hospitaal

Loading player...
Die DA in Mpumalanga sê hy is bekommerd oor beweringe dat pasiënte by Themba-hospitaal naby Witrivier nie van genoegsame kos voorsien word nie. Volgens Jane Sithole doen ‘n plasing die ronde op sosiale media oor hoe pasiënte soggens slegs twee snye droë brood ontvang voor ‘n maaltyd saans. Sy sê pasiënte en werknemers by die hospitaal voer ook aan dat hul etes deur verpleegkundiges gesteel word. Verder word daar beweer dat verskaffingskontrakte aan maatskappye toegeken word wat nie die kapasiteit het om die kos te voorsien nie. Sithole doen ‘n beroep op die LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini, om dringend in te gryp en die kontrakte te oudit.
8 Jun 2023 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min