Jeugwerkswinkel om jongmense in die werksplek te bemagtig

--:--
Die Laeveld-tak van die Suid-Afrikaanse Raad vir Sakevroue (SACBW) bied voor Jeugdag op 13 Junie 'n werkswinkel aan gemik op jong, nuwe professionele mense.
Dit het ten doel om jeugdiges in die werksplek te bemagtig en onderwerpe soos die moontlike impak van Kunsmatige Impak (KI) op die werksplek, entrepreneuriese en handelsmerk ontwikkeling sowel as etiket sal onder bespreking wees.
Estelle Roe gesels met Gerhardt en Andri.
8 Jun 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Pasgebore babaseuntjie in park in Middelburg ontdek

Die polisie ondersoek ‘n saak van kinderverwaarlosing na ‘n pasgebore baba in Van Blerk Park in Middelburg ontdek is. Volgens die Mpumalanga polisie het ‘n man wat verlede Vrydagaand herwinbare produkte in 'n asblik gesoek het, die seuntjie in 'n plastieksak toegedraai ontdek. Die naelstring was nog aan die baba…
21 Sep 9AM 1 min

VLU vier Erfenisdag met handvlyt

Die VLU Malieveldstreek vier hierdie naweek Erfenisdag met decoupage, Macrame en koesisters en melktert). Wendy Bam vertel vir die Verkas-span dat die organisasie vir alle vroue bedoel is, dit hulle bemagtig en 'n gemeenskap bied. Die Klets en Kuier vind Saterdag by die NG Moedergemeente-kerksaal in Bellstraat plaas. Manne is…
21 Sep 1AM 1 min

Twee wat Inkomstediens glo bedrieg verskyn in Witrivier

Twee mense wat aangekla word van bedrog en oortreding van die Wet op Belastingadministrasie is gister borgtog van 5-duisend-Rand elk toegestaan in die Witrivier-landdroshof. Die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê Romini Lucky Shongwe, die enigste direkteur van Velibanti Vuka, Noxolo Mpumelelo Mndawe se beweerde belastingbedrog…
21 Sep 1AM 1 min

Drie vasgetrek met spoorlyn wat glo by Barberton gesteel is

Drie verdagtes is  gister op die N4 naby Middelburg vasgetrek in besit van gesteelde spoorlyne met ‘n geraamde waarde van 3-miljoen-Rand. Volgens die polisie in Mpumalanga is die arrestasie die resultaat van samewerking tussen die Teen-bende-eenheid, patrollie-beamptes en lede van die publiek. Volgens inligting is die treinspoor verlede maand naby…
20 Sep 6AM 1 min

Pogings om strikke in NKW te bekamp

Die stel van strikke in die wildtuin is 'n baie groot probleem. Jacques Malan, 'n SANParke Ereveldwagter wat reeds 14 jaar betrokke is by die uitroei van die strikke, voer aan dat dit meer gekonsentreerd is naby aan dig-bewoonde gebiede buite die park. Hoewel veldwagters in die wildtuin ook daagliks…
20 Sep 5AM 1 min