Die inferno wat in 2017 wyd verwoesting in en rondom Knysna gesaai het, word as een van die grootste veldbrandrampe in Suid-Afrika se geskiedenis beskryf.
Willem Kruger se skielike verdwyning na ‘n vrolike kuiery het die hele land se aandag aangegryp. Wanneer sy voertuig later in die Vaalrivier ontdek word, is daar skielik baie meer vraagtekens as antwoorde en gerugte van vuilspel steek dadelik kop uit. Wat het daardie aand gebeur?
Episode 17 ondersoek die saak van Colin Bouwer sr. wat sy vrou in Nieu-Seeland vermoor het. Dié episode vertel die storie van Colin Bouwer jr. wat in Suid-Afrika aangekla is van die moord op sy vrou.
Op 25 was Leighandre "Baby Lee" Jegels 'n karate- en bokskampioen. Sy het ook in haar studies uitgeblink. Die donkerkopvrou het die wêreld aan haar voete gehad, tot haar lewe skielik kortgeknip is deur haar eks-kêrel – ’n polisieman.
Selfs in die warboel van tiener-emosies, liefdesdriehoeke en gerugte van verwaarlosing in haar ouerhuis, is dit moeilik om te glo dat Phoenix Theron die gevolgtrekking kon maak dat moord op haar ma die enigste uitweg is.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.