Nuusberig: Twee sekuriteitswagte tydens transitoroof gewond

Loading player...
Twee sekuriteitswagte is laat gistermiddag tydens ‘n transitoroof op die R537 tussen Sabie en Witrivier gewond. Die G4S-gepantserde voertuig is om ongeveer 20-oor-5 deur ‘n onbekende aantal rowers aangeval. Een van die voertuie was ‘n silwer dubbelkajuit-bakkie. Twee sekuriteitswagte is geskiet. Een is in die kop getref en die ander in die bolyf. Hulle is hospitaal toe gehaas. Die aanvallers het met ‘n onbekende bedrag kontant in die rigting van Witrivier gevlug. Niemand is nog aangekeer nie.
6 Jul 2023 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min