We Care 4 Nelspruit beplan 'n groot skoonmaakaksie op die R40 volgende week

Loading player...
We Care 4 Nelspruit beplan volgende week ‘n baie groot skoonmaakaksie. Vanaf Maandag tot Vrydag beoog hulle om die R40 vanaf Rocky Drift tot by die hoofingang na Barberton skoon te maak. Sameroeper, TJ Maré, sê hulle gaan onder meer bosse weg sny, gras sny en rommel op tel. Dit is in samewerking met die sakekamer, Nelspruit stadsverbeteringsdistrik, Power of 8 000 en C-S-G Groep. Almal is genooi om mee te doen en die voor-somer-inisiatief te ondersteun. Kontak 082-772-6396.
26 Jul 2023 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min