Vier aangekeer vir plaasmoord in Balfour

Loading player...
Vier verdagtes is aangekeer na die moord op ‘n boer gisteroggend in Grootvlei buite Balfour. Volgens die Mpumalanga polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, is die 79-jarige Theo Frederik Bekker en sy vrou aangerand. Hy het aan sy beserings beswyk. Drie vuurwapens en ‘n voertuig is gesteel. 25-kilometer verder het die gesteelde Renault Kwid in Villiers in die Vrystaat omgeslaan. Die aanvallers het gevlug maar ‘n ooggetuie het die polisie gekontak en die Villiers-polisie het hulle vasgetrek. Twee gesteelde wapens is in hul besit gevind. Die haelgeweer is op die ongelukstoneel agtergelaat. Die verdagtes, almal tussen 16 en 19 jaar oud, verskyn môre in die hof.
31 Jul 2023 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min