DA sê oproepe vir Landelike Veiligheidsplan staan stil in Mpumalanga

Loading player...
Die DA in Mpumalanga sê inwoners op geïsoleerde plase en plotte moet hul sekuriteit opskerp omdat oproepe vir die regering om toegewyde Landelike Veiligheidseenhede op die been te bring tot niks lei nie. DA-lid Jane Sithole sê hierdie jongste beroep volg na nog ‘n aanval op ‘n bejaarde vrou gisteraand buite Mbombela. Volgens Sithole is huise sagte teikens vir huisrowers en lei dit tot plaasmoorde. Sy sê te min vordering is gemaak om strategieë te implementeer om die veiligheid te verbeter van plaasbewoners.
8 Aug 2023 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min