DA soek antwoorde oor MEGA se skuld

Loading player...
Die DA in Mpumalanga doen ‘n beroep op die uitvoerende beampte van die Mpumalanga Ekonomiese Groei-agentskap (MEGA), Isaac Mahlangu, om inligting te verskaf oor die werk wat gedoen is om uitstaande lenings aan die agentskap in te win. Volgens DA-lid Bosman Grobler het MEGA die Wet op Provinsiale Finansiële Bestuur oortree toe hy versuim het om die proses te implementeer om hul uitstaande skuld in te win. Grobler sê dit is kommerwekkend omdat die Ouditeur-Generaal bevind het hul finansiële verliese in 2022 was 292-miljoen-Rand.
11 Aug 2023 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min