Man dood gevind wat kon help met ander moordsaak

Loading player...
Die Mpumalanga polisie het die moord op 'n ooggetuie in 'n moordsaak gister in Mhala veroordeel en gemeenskappe weer versoek om nie die reg in eie hande te neem nie. Die polisie was op soek na Clive Khosa omdat hulle geglo het dat hy kan help om die moord op te los van 'n vrou, wat in haar 20's geskat word, wie se liggaam op 30 Julie langs die I-H-C-Kerk in Mhala ontdek is. Die polisie-woordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, sê Khosa se huis en kar is Woensdag deur gemeenskapslede aan die brand gesteek. Hy is later glo uit Oakley, Culcutta deur 'n onbekende getal aanvallers ontvoer. Volgens Mohlala was hy vasgebind en erg aangerand.
14 Aug 2023 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min