Vermeende transitorowers bly in aanhouding in Malalane

Loading player...
Drie vermeende transitorowers het gister in die landdroshof in Malalane verskyn vir die aanval Vrydag op ‘n gepantserde wa van Fidelity. Hulle is by ‘n huis in Schoemansdal aangekeer. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, kon ‘n vierde man wat saam met hulle aangekeer is, nie met die misdaad verbind word nie. Mosa Ngwenyama, Ali Obi Ebrahim en Mfanasibili Lubisi bly in aanhouding tot 21 Augustus wanneer hulle vir borgtog kan aansoek doen.
15 Aug 2023 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min