Man probeer glo 50-kilogram heroïen die land insmokkel

Loading player...
’n Manlike taxibestuurder is Maandagmiddag met sowat 50 kilogram heroïen by die Lebombo-grenspos in hegtenis geneem. Volgens inligting was lede van die SAPD wat by die grens werk, besig met hul normale roetine-pligte toe hulle 'n sekere Toyota Quantum-minibus met Noordwes-registrasienommerplate voorgekeer het. Die Mpumalanga polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdluli, sê polisielede het die poeier getoets om vas te stel wat hulle ontdek het voordat hulle die bestuurder gearresteer het vir beweerde handel in dwelms.
7 Sep 2023 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min