Dodetal in massa-skietery by taverne in Kanyamazane styg tot twee

Loading player...
# Die polisie is op soek na twee verdagtes wat vroeg Sondagoggend betrokke was by 'n skietery by 'n taverne in Entokozweni. ‘n Man wat nog nie geïdentifiseer is nie, is noodlottig gewond. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli het twee gewapende mans met klapmusse net ná middernag onoordeelkundig met vuurwapens in die taverne losgebrand. Sowat 15 ander mense is gewond. Een van hulle het intussen aan sy wonde beswyk. Twee mense is steeds in ‘n ernstige toestand. Die verdagtes het van die toneel af gevlug. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.
18 Sep 2023 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min