Pasgebore babaseuntjie in park in Middelburg ontdek

--:--
Die polisie ondersoek ‘n saak van kinderverwaarlosing na ‘n pasgebore baba in Van Blerk Park in Middelburg ontdek is. Volgens die Mpumalanga polisie het ‘n man wat verlede Vrydagaand herwinbare produkte in 'n asblik gesoek het, die seuntjie in 'n plastieksak toegedraai ontdek. Die naelstring was nog aan die baba vas. Hy is hospitaal toe gehaas en vorder volgens berigte goed. Liza Labuschagne wat reeds verskeie jar Liznica House of Hope in Mbombela bedryf, waar hulle na weggooibabas omsien, sê desperate ouers moenie skroom om Child Welfare vir hulp te nader nie.
21 Sep 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

DA vra dat LUR voor etiekkomitee verskyn oor neonatale eenheid in Witbank

Die DA in Mpumalanga beskuldig die LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini, dat sy weggesteek het dat die neonatale eenheid by Witbank-hospitaal reeds ses jaar nie operasioneel is nie. Die DA-lid Jane Sithole sê Manzini het dit verswyg toe die DA haar daaroor gevra het en dit moes deur die Ouditeur-generaal…
7 Dec 4AM 1 min

DA Mpumalanga sê beurtkrag veroorsaak geweldige werksverliese in landbou-sektor

Die DA in Mpumalanga doen 'n beroep op die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, om saam met onafhanklike kragverskaffers te werk om beurtkrag die hoof te bied. DA-lid Bosman Grobler sê niks het gekom van beloftes oor alternatiewe energiebronne wat sy so lank gelede as haar 2019 provinsiale rede gemaak het nie…
6 Dec 11PM 1 min

Vrou buite taverne doodgeskiet toe sy aartappelskyfies probeer koop

# 'n 23-jarige man het gister in die Bosbokrand-landdroshof verskyn op 'n aanklag van moord. Dit volg op die dood Saterdagoggend van 'n 22-jarige vrou toe sy geskiet is terwyl sy in 'n motor buite 'n taverne gesit het. Volgens die polisie het sy en haar vriende daar parkeer om…
5 Dec 6AM 1 min

Twee vas met diesel in Witbank

Twee verdagtes is gister in hegtenis geneem toe hulle in besit van ongeveer 600 liter diesel, wat na vermoede gesteel is, gevind is in Witbank. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Brigadier Selvy Mohlala, was hulle ook in besit van ongelisensieerde vuurwapens. Dit arrestasie volg op inligting van deur die Middelburg-blitspatrollie…
1 Dec 8AM 1 min