Komitee in presidensie ondersoek oplossings vir Lebombo

--:--
'n Krisiskomitee wat in die presidensie aangestel is toets tans wat die beste oplossing is vir opeenhopings van vragmotors by grensposte. Dit sluit Lebombo, die besigste grens in Suidelike Afrika, in. Linda Grimbeek van die Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT) sê die kenners was tydens 'n besoek werklik geskok oor die haglike omstandighede waarin vragmotorbestuurders hulself bevind en hull besef die erns van die saak.
29 Sep 2023 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

DA vra dat provinsie plan maak met toilet-tekort

Die DA is ontsteld dat meer as 17-duisend huishoudings in Mpumalanga steeds die emmertoiletstelsel gebruik. Volgens die 2022-sensusverslag wat in Junie deur Statistieke Suid-Afrika vrygestel is, het 'n verdere 24-duisend huishoudings glad nie toegang tot toilette nie. James Masango, die DA se woordvoerder vir Menslike Nedersettings, sê Mkhondo-, Nkomazi-, Bosbokrand-…
18 Jul 3AM 1 min

Moordenaar addisioneel gevonnis vir bedrog

’n Man wat 36 jaar tronkstraf uitdien vir die moord op sy meisie is gister deur die Evander-landdroshof nog ’n effektiewe vonnis van 15 jaar opgelê vir bedrog. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, kaptein Dineo Sekgotodi, het Sandile Kagiso Montsoe tussen April en Augustus 2016 meer as…
17 Jul 8AM 1 min

Polisie bevestig deurbraak in Jacques Freitag-moord

Die twee gesoekte verdagtes in verband met die moord op die oud-hoogspringkampioen, Jacques Freitag, is in hegtenis geneem. Shantelle Oosthuizen en die oudprokureur, Rudie Lubbe, was vir meer as 'n week voortvlugtend van die polisie. 'n Polisiewoordvoerder, Brigadier Brenda Muridili, het bevestig hulle is gisteroggend by 'n gastehuis in Sabie…
17 Jul 5AM 1 min

Spoedvraat teken 199-kilometer aan in 100-sone

‘n 40-jarige man is op die N4 Schoemanskloof aangekeer na hy gistermiddag glo 199 kilometer-per-uur gery het in ‘n 100-kilometer sone. Hy het ‘n Volkswagen Golf 5 bestuur. Hy is aangekla van roekelose en nalatige bestuur. Hy is borgtog van 2-duisend-Rand toegestaan en sal binnekort in die Nelspruit-landdroshof verskyn. Die…
17 Jul 3AM 1 min

DA blameer kaderontplooing vir vakatures in Thaba Chweu-munisipaliteit

Die DA in Thaba Chweu eis dat die LUR vir Samewerkende Regering, Speedy Mashilo, ingryp om te verseker die groot gros vakante poste in die munisipaliteit word spoedig gevul. Marius Opperman, ‘n DA-raadslid, sê 130 poste is ongevul, ‘n groot toename sedert die vorige finansiële jaar. Dit sluit in finansies,…
16 Jul 8AM 1 min