
Verdagtes gesoek wat bekende sakeman buite Hazyview vermoor
--:--
Die polisie soek na verdagtes wat Vrydagoggend ‘n bekende sakeman naby Hazyview doodgeskiet het. Volgens die polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, was die 35-jarige Adriano dos Santos vanaf Hoedspruit op pad na 'n vergadering in Nelspruit toe hy 'n oproep ontvang het en afgetrek het. Twee verdagtes het in Nissan NP 200-bakkie arriveer en hom geskiet. Die aanvallers het gevlug.