Verdagtes gesoek wat drie plaaswerkers ontvoer

Loading player...
Drie plaaswerkers wat deur drie aanvallers, gewapen met pangas, ontvoer is, is Vrydag vrygelaat na hulle sedert verlede Sondagaand aangehou is. Volgens die polisiewoordvoerder, Brigadier Selvy Mohlala, word daar vermoed dat die aanvallers van Mosambiek afkomstig is. Die twee vroue en ‘n man is werkers op ‘n plaas buite Komatipoort. ‘n Span kundiges is saamgestel om die ontvoering te ondersoek en sluit in sigbare polisiëring, taktiese reaksie, die honde-eenheid en speurders. Hulle vra ene Reuben Makwakwa, wie hulle glo in die ondersoek kan help, om na vore te kom.
2 Oct 2023 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min