Verdagte in hof wat glo dagga-olie vervaardig

Loading player...
'n Verdagte wat beskuldig word dat hulle dagga-olie by hul huis vervaardig het, verskyn vandag in die hof in Secunda. Die persoon is deur die Valke, met behulp van die Pretoria Forensiese Laboratorium, gearresteer. Volgens die Valke-woordvoerder in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, het hulle inligting ontvang en dieselfde dag ‘n lasbrief vir deursoeking en beslaglegging bekom. Daar is op vervaardigingstoerusting, chemikalieë en meer as 100-kilogram dagga beslag gelê.
5 Oct 2023 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min