Binnelandse sake amptenaar moet 10 jaar sit vir bedrog met paspoorte in Witrivier

Loading player...
‘n Amptenaar van Binnelandse Sake is gister 10 jaar gevangenisstraf opgelê in die Witrivier-landdroshof vir bedrog. Nhlanhla Mathebula het teen vergoeding vals paspoorte vir buitelanders geprosseseer deur Suid-Afrikaanse burgers se identiteitsdokumente te gebruik. Volgens die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, is hy ‘n addisionele drie jaar tronkstraf opgelê vir oortreding van die Wet op Immigrasie. Die vonnisse sal samelopend uitgedien word.
12 Oct 2023 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min