25 jaar vir man wat sy vriendin vermoor

Loading player...
‘n 42-jarige man moet effektief 25 jaar agter tralies spandeer vir die moord op sy vriendin in Standerton twee jaar gelede. Phindile Mokoena was 50 jaar oud toe Jabulane Lephoto haar in Mei 2021 tydens ‘n hewige argument met ‘n ongespesifiseerde voorwerp aangerand het. Volgens die polisiewoorvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, het Lephoto aanvanklik gevlug en is hy eers in Januarie vanjaar aangekeer. Hy is gister in die Mpumalanga Hooggeregshof in Delmas gevonnis.
18 Oct 2023 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min