Vermeende sakerower aangekeer tydens Operasie Shanela

Loading player...
‘n Vermeende sakerower is Donderdagmiddag in Mmametlhake aangekeer. Hy was na bewering deel van ‘n groep gewapende aanvallers wat ‘n winkeleienaar beroof en aangerand het. Hulle het op die vlug geslaan. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhlui, was polisiebeamptes daar naby besig met “Operasie Shanela” en het die voertuig opgespoor. Na ‘n jaagtog is een verdagte aangekeer, en van die gesteelde items is teruggevind. Die 35-jarige man sal vandag in die Mbibana-landdroshof verskyn. Sy medepligtiges kon egter vlug.
23 Oct 2023 12AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min