Mbombela-munisipaliteit aanvaar mosie oor geraassteuring

Loading player...
Mbombela het ‘n mosie aanvaar wat deur die DA ter tafel gelê is waarvolgens die munisipaliteit ordonansies oor geraasbesoedeling in Wyk 16 van die stad sal afdwing. Volgens DA-raadslid Kyle Oliver volg dit op twee jaar van samesprekings oor ongemagtigde studentebehuising in die area. Hy sê van die behuisingseenhede is as gastehuise by die plaaslike owerheid geregistreer. Oliver voeg by dat studente en studentebehuising welkom is, maar dat hulle die wette moet gehoorsaam.
25 Oct 2023 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min