DA blameer ANC laksheid vir lisensiefooie wat in Mpumalanga verlore gaan

Loading player...
Die DA in Mpumalanga doen 'n beroep op die LUR van gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, om op te tree teen amptenare wat verantwoordelik was vir ‘n verlies aan inkomste uit lisensiefooie tussen 2016 en 2019.
Die DA-lid, Trudie Grovè-Morgan, voer aan dat daar in dié tydperk nie ‘n 'n funksionele finansiële stelsel in plek was om bankdeposito's met kwitansies van streekkantore te versoen nie en inkomste het so verlore gegaan toe dit nie in die departement se bankrekening inbetaal is nie.
Sy sê die totale inkomste wat gedurende hierdie tydperk verlore gegaan het, is nie gespesifiseer nie, en die departement se lustelose benadering is kommerwekkend.
31 Oct 2023 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min