ONDERHOUD: MARTHANE SWART GESELS OOR DIE ROOIBOS PANTONE®
Loading player...
Ons sal baie meer van die kleur Rooibos op mode-loopplanke sien nadat die Rooibos Pantone® kleur aangekondig is as een van die top tien kleure in die verslag oor modekleurneigings vir die lente 2024 tydens die afgelope New York Fashion Week (NYFW). Pantone LLC, die wêreldowerheid oor kleur en verskaffer van professionele kleurstandaarde vir die ontwerpbedrywe, het die Rooibos Pantone® onder 2 390 ander kleure as een van die uitstaande kleure van 2024 gekies. Ons sluit nou aan by die Rooibosraad se sekretariaat, Marthane Swart om vir ons meer hieroor te vertel.