Nog klagtes teen drie wat glo met HOP-huise knoei

Loading player...
Addisionele klagtes is gevoeg teen drie mense wat aangekla word van bedrog met HOP-huise in Middelburg. Volgens die Valke het Annica van Staden na bewering ‘n man se huis sonder sy toestemming verkoop. Helga Kruger, ‘n eiendomsagent, het glo ‘n huis aan iemand verkoop en die kontant gehou sonder om die huis oor te dra. Foto Boy Makua het na bewering ook in 2014 ‘n huis aan ‘n vrou verkoop, maar sy het nooit weer van hom gehoor nie. Die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi:
7 Nov 2023 1AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min