24 vas vir mensehandel in Kaapmuiden

Loading player...
24 mense is gisteroggend tydens ‘n intelligensie-gedrewe operasie gearresteer vir beweerde mensehandel en oortreding van die Immigrasiewet. Die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê Misdaadintelligensie en die snelwegpatrollie-eenheid het gereageer op inligting en ‘n Quantum op die R38 tussen Low's Creek en Kaapmuiden afgetrek. Die bestuurder en 23 passasiers, almal buitelandse burgers, sal na verwagting môre in die Barberton-hof verskyn. Nog arrestasies word verwag.
14 Nov 2023 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min