Vonnis verwelkom vir voormalige Sanparke-werknemer wat renoster stroop

Loading player...
Die Streekhof in Skukuza het die voormalige veldwagter Eckson Musa Matumbu tot tien jaar tronkstraf gevonnis vir die doodmaak van ‘n renoster in die Nwanetsi-afdeling van die Krugerwildtuin in 2020. Matumbu, wat verantwoordelik was vir natuurlewe-beskerming, is in hegtenis geneem vir die gebruik van ‘n amptelike vuurwapen wat aan hom uitgereik is, en ongeoorloofde ammunisie, in die doodskiet van die renoster. Die hof het hom skuldig bevind aan betrokkenheid by ‘n ongeoofloofde bedrywigheid waarby ‘n bedreigde of beskermde spesie betrokke was. Matumbu is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.
20 Nov 2023 1AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min