DA in Mpumalanga sê Mkhondo se water is 'n krisis

Loading player...
The DA het ‘n ernstige beroep gedoen op die burgemeesterlid vir Tegniese Dienste by Mkhondo, Mary Thwala, om dringend aandag te skenk aan die munisipaliteit se waterinfrastruktuur wat vinnig agteruitgaan. Volgens die DA-raadslid en koukusleier, Irene Brussow, ervaar inwoners droë krane vir so lank as ses dae op ‘n slag. Sy sê dit is soms deels te wyte aan beurtkrag, maar die munisipaliteit se waterpypstelsel is die grootste probleem weens ‘n tekort aan instandhoudingswerk.
28 Nov 2023 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min