DA vra dat LUR voor etiekkomitee verskyn oor neonatale eenheid in Witbank

Loading player...
Die DA in Mpumalanga beskuldig die LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini, dat sy weggesteek het dat die neonatale eenheid by Witbank-hospitaal reeds ses jaar nie operasioneel is nie. Die DA-lid Jane Sithole sê Manzini het dit verswyg toe die DA haar daaroor gevra het en dit moes deur die Ouditeur-generaal aan die lig gebring word. Dit is ten volle toegerus, terwyl 258 babasterftes in die eerste kwartaal in die provinsie aangemeld is. Volgens Sithole moet Manzini voor die provinsiale wetgewer se etiekkomitee verskyn om verantwoording te doen.
7 Dec 2023 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min