Silulumanzi enigste waterverskaffer in Mpumalanga met Bloudruppelstatus

Loading player...
Silulumanzi is die enigste watervoorsiener in Mpumalanga aan wie Bloudruppelstatus toegeken is. Die Blou- en Groendruppelverslae is die week deur die minister van Water en Sanitasie, Senzo Mchunu, bekendgemaak. Dit meet die kwaliteit van water wat aan verbruikers voorsien word. Silulumanzi het boonop by vier wateraanlegte die status verwerf: Primkop, Karino, Nelspruit en Matsulu. Die waterverskaffer sê egter dit gaan nie oor toekennings nie, maar oor die verskaffing van veilige water aan inwoners.
7 Dec 2023 11PM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min