Drie stropers moet 22 jaar sit

Loading player...
Drie stropers is deur die Skukuza-streekhof tot 'n gesamentlike 22 jaar gevangenisstraf gevonnis nadat hulle in 2017 onwettig betrap is in besit van 'n vuurwapen met ammunisie in die Krugerwildtuin. Slegs die bestuurder het 'n permit gehad om in die park te wees. Norman Mogale is ses jaar tronkstraf opgelê. Sipho Ngomane en Nkosana Ndlovu moet elk 'n effektiewe agt jaar tronkstraf uitdien. ‘n Medebeskuldigde, Fanuel Ubisi, het vroeër skuld beken en is tot vier jaar gevonnis.
10 Dec 2023 11PM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min