Twee vermeende transitorowers in 2024 verhoor

Loading player...
Twee vermeende transitorowers sal in Oktober in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela verhoor word. Fortune Matsane en Nkosinathi Khumalo staan tereg op aanklagte van moord, gewapende roof en besit van gesteelde eiendom. Volgens die Valke hou dit verband met ‘n roof wat op 16 April 2021 by ‘n vulstasie in Kabokweni uitgevoer is op ‘n G4S-gepantserde voertuig. ‘n Sekuriteitswag is daartydens doodgeskiet. Volgens die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, word nog arrestasies verwag.
13 Dec 2023 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min