DA sê Thaba Chweu spandeer onwettige geld op ontspanning vir amptenare

Loading player...
Die DA in Thaba Chweu doen ‘n beroep op die LUR vir Samewerkende Regering, Mandla Msibi, om op te tree teen munisipale amptenare wat meer as 500-duisend-Rand bestee het vir 60 werknemers en raadslede om die Suider-Afrikaanse Inter-munisipale Werknemerwelstandsprogram in Botswana by te woon. Volgens Marius Opperman, ‘n DA-raadslid, is die besteding onlogies aangesien daar nie aan inwoners van Thaba Chweu dienste gelewer word nie en druis dit in teen tesourie-regulasies. Hy sê die munisipaliteit het n netto verlies van 164-miljoen-Rand in die vorige finansiële jaar gely.
13 Dec 2023 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min