Vermeende rower borgtog toegestaan in jongste saak in Mbombela

Loading player...
‘n Man wat van verskeie gewapende rooftogte aangekla word, het gister in die Nelspruit-landdroshof verskyn vir die kaping van ‘n koerier-voertuig in Mbombela in 2017. Die 29-jarige Zola Mnisi word reeds aangekla van ‘n transitoroof in Malalane in Augustus, ‘n gewapende roof in Witrivier in Julie en ‘n moord en gewapende roof in Kabokweni in April. Volgens die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, het sy vingerafdrukke hom met die 2017-saak verbind. Hy is borgtog van 2-duisend-Rand toegestaan. Die saak is uitgestel tot 29 Maart.
21 Dec 2023 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min