Vermeende rower borgtog toegestaan in jongste saak in Mbombela

Loading player...
‘n Man wat van verskeie gewapende rooftogte aangekla word, het gister in die Nelspruit-landdroshof verskyn vir die kaping van ‘n koerier-voertuig in Mbombela in 2017. Die 29-jarige Zola Mnisi word reeds aangekla van ‘n transitoroof in Malalane in Augustus, ‘n gewapende roof in Witrivier in Julie en ‘n moord en gewapende roof in Kabokweni in April. Volgens die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, het sy vingerafdrukke hom met die 2017-saak verbind. Hy is borgtog van 2-duisend-Rand toegestaan. Die saak is uitgestel tot 29 Maart.
21 Dec 2023 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min