Vier vas na diefstal van polisievuurwapen

Loading player...
'n Polisiebeampte sal binnekort in die hof verskyn na hy saam met 'n taverne-eienaar gearresteer is vir die beweerde diefstal van ‘n polisievuurwapen. Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Brigadier Selvy Mohlala, het die 9-millimeter-pistool tussen 16 en 17 Desember by die Gemeenskaps-polisie-dienssentrum in Morgenzon verdwyn en het die polisiesersant dit glo aan die taverne-eienaar verkoop. Tydens 'n soektog Vrydag is verskeie vuurwapens in die verdagtes se besit gevind, waaronder 'n haelgeweer, nog 'n pistool sowel as ammunisie vir 'n R5-geweer. In totaal is vier verdagtes in hegtenis geneem.
1 Jan 2024 12AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min