ActionSA blameer ANC vir inwoners wat Ramaphosa se roete versper

Loading player...
ActionSA in Mpumalanga sê vanoggend se blokkasie van die R573 Moloto-pad deur ontstoke inwoners kan voor die deur gelê word van die ANC wie se raadslede in Thembisile Hani-munisipaliteit in bykans 30 jaar geen vooruitgang vir inwoners bewerkstellig het nie. Die provinsiale voorsitter van ActionSA, Thoko Mashiane, voer aan president Cyril Ramaphosa moes die roete gebruik om die AmaNdebele te besoek as deel van die ANC se uitreikaksie na gemeenskappe voor sy 112-jaar verjaarsdagvieringe die naweek in Mbombela plaasvind.
10 Jan 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min