Twee vas wat glo by Mpumalanga Valke-hoof se huis inbreek

Loading player...
Twee verdagtes van 32 en 36 jaar oud verskyn vandag in die Nelspruit-landdroshof vir die beweerde inbraak by die huis van die Valke-hoof in Mpumalanga, Generaal-majoor Nico Gerber. Volgens die woordvoerder van die Valke, Kaptein Dineo Sekgotodi, is hulle Dinsdag aangekeer na ‘n ondersoek na die waardevolle items wat in Desember gesteel is. Sekgotodi sê alles is teruggevind, sowel as items wat met ander huisbraaksake verbind word. Nog klagtes kan teen die verdagtes gevoeg word.
11 Jan 2024 1AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min