Polisie werk hard om onwettige vuurwapens uit te roei

Loading player...
Die polisiekommissaris in Mpumalanga, Luitenant-generaal Semakaleng Manamela, sê die polisie werk hard om die verspreiding van onwettige vuurwapens hok te slaan. Dit volg op die arrestasie Maandag tydens Operasie Shanela van 'n verdagte op die N3-snelweg naby Grootvlei. Mthabisang Gagayi was 'n taxi-passasier en kon nie 'n vuurwapenlisensie toon vir sy vuurwapen met drie rondes ammunisie nie. Volgens die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, het hy Woensdag in die Balfour-landdroshof verskyn vir die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen met ammunisie. Die saak is tot Maandag uitgestel.
11 Jan 2024 10PM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min