Valke soek veroordeelde moordenaar vir polisiebeampte se skietdood

Loading player...
Die Valke sê hulle soek na ‘n veroordeelde moordenaar wat Saterdagaand ‘n polisiebeampte wat van diens af was by ‘n karwassery in Kanyamazane doodgeskiet het. Kaptein Sibusiso Mthombothi het die aand sy private voertuig laat was, toe die verdagte teen hom vasgery het en ‘n argument het ontstaan. Volgens die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, gebruik die verdagte, Sibusiso Jacky Maseko, ook die van “Ntwane”. Hy is vroeër die maand op parool vrygelaat na hy tronkstraf uitgedien het vir dubbele moord.
16 Jan 2024 10AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min