DA Mpumalanga vra dat onderwysdepartement fokus om leerlinge op skool te hou

Loading player...
Die DA in Mpumalanga het die klas van 2023 geloof vir hul verbeterde matriekslaagsyfer. Die provinsie het 'n slaagsyfer van 77-persent behaal, 'n verbetering van 0-komma-2-persent. Ehlanzeni-distrik het die beste gevaar met 81-komma-8-persent van kandidate wat geslaag het. Hoërskool Nelspruit, Hoërskool Lydenburg en Komatipoort Akademie spog onder meer met 100-persent-slaagsyfers. Jane Sithole van die DA sê egter 27-duisend-062 leerlinge wat in 2021 graad 10 begin het, het glad nie die eindeksamen geskryf nie en die departement moet harder werk om kinders op skool te hou.
19 Jan 2024 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min