DA Mpumalanga vra dat onderwysdepartement fokus om leerlinge op skool te hou

Loading player...
Die DA in Mpumalanga het die klas van 2023 geloof vir hul verbeterde matriekslaagsyfer. Die provinsie het 'n slaagsyfer van 77-persent behaal, 'n verbetering van 0-komma-2-persent. Ehlanzeni-distrik het die beste gevaar met 81-komma-8-persent van kandidate wat geslaag het. Hoërskool Nelspruit, Hoërskool Lydenburg en Komatipoort Akademie spog onder meer met 100-persent-slaagsyfers. Jane Sithole van die DA sê egter 27-duisend-062 leerlinge wat in 2021 graad 10 begin het, het glad nie die eindeksamen geskryf nie en die departement moet harder werk om kinders op skool te hou.
19 Jan 2024 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Weerlig en kragstuwings: Wat huiseienaars moet weet

Weerlig hoef nie jou huis direk te tref om elektriese en elektroniese toerusting te beskadig nie. Gee-J Wentzel van Black Sable Risikobestuur gesels met Laeveld Brunch oor wat Suid-Afrikaanse huiseienaars moet weet oor weerlig, kragstuwings, beskerming teen kragstuwings, voldoeningsertifikate en versekering.
21 Oct 4AM 14 min

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min