Lewenslank vir man wat tweejarige doodskiet

Loading player...
‘n Man wat in 2020 sy eksmeisie se tweejarige seuntjie in Vaalbank doodgeskiet het, is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir moord. Vincent Chunky Phahlane is Donderdag deur die Mpumalanga Hooggeregshof in Middelburg gevonnis vir die moord op Akanyang Maite. Hy het die dag ook sy eks se tante gewond met die vuurwapen wat hy by sy pa gesteel het en het skote afgevuur by ‘n ander eksmeisie se werksplek, ‘n skool. Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, Kolonel Donald Mdhluli, sê die addisionele vonnisse sal samelopend uitgedien word.
22 Jan 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min